Vir die koek benodig jy:

  • 375 ml (1½ k) strooisuiker
  • 375 g Stork Bake
  • 7 eiers
  • 750 ml (3 k) bruismeel, gesif
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • 2 ml (½ t) sout
  • 60 ml (¼ k) melk
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel

Vir die versiering benodig jy:

  • 125 g Stork Spread, sag-gemaak
  • 750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
  • 15-30 ml (1-2 e) water, melk of suurlemoensap
  • koskleursel van jou keuse
  • helderkleurige lekkers en pyp-skoonmakers

Maak so met die koek:

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee ronde koekpanne met ’n 22 cm-deursnee. Voer dit met bak-papier uit en smeer weer. Plaas al die bestanddele in die volgorde waarin hulle gelys is, in ’n groot mengbak en klop sowat 3 minute tot ’n gladde deeg. Gooi in die bereide panne. Bak 30-40 minute tot gaar. (’n Toetspen moet skoon uit die middel van die koek kom.) Laat 10 minute in die panne afkoel en keer dan op draadrakke uit om heeltemal af te koel.

Maak so met die versiering:

Klop die STORK SPREAD tot donsig en voeg die versiersuiker by. Klits tot goed gemeng en voeg ’n biet-jie vloeistof by tot die versiersuiker smeerbaar is. Plaas een koek op ’n bord. Kleur van die versiersuiker ’n helder kleur en bedek die koek daarmee. Sny die ander koek in die helfte en smeer met ’n ander kleur versiersuiker. Rangskik die twee helftes op die eerste koek sodat dit soos goggavlerke lyk. Versier die vlerke met lekkers. Gebruik helderkleurige lekkers vir die oë en mond en pyp-skoonmakers vir die voelers.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.