• Lewer 2 brode
  • Bereidingstyd: 5 minute
  • Gaarmaaktyd: 25-30 minute

Jy benodig:

1 kg koekmeel

2 sakkies (10 g elk) kitsgis

10 ml (2 t) bakpoeier

10 ml (2 t) suiker

10 ml (2 t) sout

10 ml (2 t) gemengde droë kruie

10 ml (2 t) droë knoffelvlokkies

1 L (4 k) water

Maak só:

  1. Smeer 2 broodpanne met kleefwerende sproei.
  2. Plaas die droë bestanddele in ’n groot bak en meng goed.
  3. Roer die water met ’n houtlepel in om ’n klewerige deeg te vorm.
  4. Verdeel dit gelykop tussen die voorbereide broodpanne, bedek met ’n afdroogdoek en laat rys 25-30 minute.
  5. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  6. Bak die brode 30 minute. Laat afkoel en sit voor met ’n smeer van jou keuse.

- Resep deur Gail Wyngaard (reader)

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.