Lewer 16 bruintjies

Bereiding: 15 min

Baktyd: 40-50 min

Staantyd: 10 min

Bruintjies

  • 250 ml (1 k) gort of sojameel
  • 250 ml (1 k) rysmeel
  • 250 ml (1 k) rogmeel
  • 250 ml (1 k) mieliemeel
  • 250 ml (1 k) kakao
  • 375 ml (1½ k) suiker of 310 ml (1¼ k) fruktose
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • 2 groot eiers
  • 250 ml (1 k) sojamelk
  • 60 ml (¼ k) sonneblomolie
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • 500 ml (2 k) swart koffie

Sjokoladesous

  • 125 ml (½ k) donkersjokoladestukkies
  • 60 ml (¼ k) sojamelk
  • versiersuiker vir oorsprinkel

Maak so:

Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ’n reghoekige oondbak en voer met bakpapier uit.

Bruintjies

  1. Meng die meel, kakao, suiker en bakpoeier.
  2. Klits die eiers, sojamelk, olie, vanieljegeursel en koffie in ’n ander bak.
  3. Maak ’n holte in die meelmengsel en giet die koffiemengsel daarin. Meng met ’n draadklitser tot net gemeng.
  4. Giet die beslag in die pan en bak 40-50 minute. Haal uit die oond en laat 10 minute staan.
  5. Trek die bakpapier af en druk gaatjies in die koek.

Sjokoladesous

  1. Smelt die sjokolade en sojamelk in ’n glasbak oor kookwater op die stoof.
  2. Giet die sous oor die warm koek en smeer gelyk. Sny in blokke. Sif versiersuiker oor net voor opdiening.