Julle het nodig:

  • 125 g meel
  • 1 t (5 ml) bakpoeier
  • 2 eiers, geklits
  • 125 botter, kamertemperatuur
  • 125 g strooisuiker
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel

Versiersel

  • 1 e (15 ml) water
  • 1 e (15 ml) versiersuiker
  • 1 druppel voedselkleursel

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 190 °C.
  2. Plaas 12 papierbakkies in die holtes van ’n muffinpan.
  3. Sif die meel en bakpoeier in ’n bak.
  4. Voeg die geklitste eiers, botter, strooisuiker en vanieljegeursel by die meelmengsel.
  5. Klits dit met ’n elektriese klitser tot dit romerig is. As dit maklik van ’n lepel afval, is dit gereed.
  6. Vul elke papierhouertjie met ’n teelepel van die mengsel.
  7. Bak 20 minute in die voorverhitte oond.
  8. Haal die koekies uit die oond en laat afkoel.

Versiersel

  1. Meng 1 e water, 1 e versiersuiker en 1 druppel voedselkleursel.
  2. Skep ’n klein skeppie versiersel in die middel van ’n afgekoelde feetjiekoekie en smeer dit netjies.
  3. Versier dit met iets soets soos kersies, strooiversiersels of silwerballetjies, of selfs skryfversiersel.

- Joan van Zyl