Is jy ’n ywerige bakster opsoek na mooi idees of net ’n bietjie hulp? Marlene Cloete Marais se twee boekies met partytjiekolwyntjie-resepte vir dogters en seuns wys jou hoe die vaalste kolwyntjies in ’n paar maklike stappe in kunswerkies omskep kan word. Wanneer jy jou oë uitvee, sal die hele dorp kolwyntjies by jou bestel.

Kinderpartytjiekolwyntjies (2012) is nou herverpak in twee enkeltitels, Partytjiekolwyntjies vir Seuntjies en Partytjiekolwyntjies vir Dogtertjies. Die boeke bevat ’n volledige lys van die gewildste temas vir partytjies vir seuntjies of dogtertjies.

Die projekte is maklik genoeg vir beginners, maar sal ook uitdagings bied aan meer bedrewe bakkers. Alle basiese inligting en resepte word ook in elke klein boekie herhaal.

Die sagtebandboeke kos R49,95 elk en is beskikbaar by LAPA.

Partytjiekolwyntjies vir dogtertjies kolwyntjies seuntjies