Dit is bevestig!

Hoewel nie die volgende een nie.

Fifty Shades Darker is bevestig vir 10 Februarie 2017.

Fifty Shades Darker is bevestig vir 10 Februarie 2017. Nog beter nuus is dat die derde aflewering ook klaar beplan word vir die jaar daarop.

Die eerste fliek het reeds meer as R6 biljoen by die wêreldwye-loket verdien.

Die wegholsukses daarvan noop nou die fliek se sterre, Jamie Dornan en Dakota Johnson om ’n beter betaaldag te eis. Daarom is hulle betrokkenheid by die opvolgfilms nog nie bevestig nie, maar hulle sal na alle waarskynlikheid terugkeer.

Die regisseur van die eerste film, Sam Taylor-Johnson, keer nie terug nie na sy vreeslik koppe gestamp het met die skrywer van die reeks, EL James.

EL se man, Niall Leonard, gaan die draaiboek van die tweede fliek skryf. Die regisseur moet nog aangewys word.

Bronne: Hollywood Reporter; Access Hollywood