[caption id="attachment_143293" align="alignnone" width="600"]Foto: FayesVision/WENN.com Foto: FayesVision/WENN.com[/caption]

Kevin se broer Nick het die nuus Donderdag op Twitter aan bewonderaars oorgedra.

“Oeee! Ek het weer oom geword!” het die sanger/akteur geskryf. “Geluk aan my broer en skoonsuster met die geboorte van hul pragtige nuwe dogtertjie @kevinjonas @daniellejonas.”

Nick, wat tans besig is met die verfilming van die nuwe Jumanji-rolprent, het ook ’n foto van hom op Snapchat en Instagram geplaas en onthul hy kan nie wag om terug te gaan New Jersey toe om sy nuwe familielid te ontmoet nie.

“Ek is in Hawaii op die stel, maar ek het pas die beste nuus ooit ontvang: My broer en sy vrou se baba is gebore! Ek is oorstelp van vreugde,” het hy glimlaggend verklaar.

Die byskrif by die plasing het gelui: “Geluk, Kevin en Dani! Ons het nog ’n Jonas! Kan nie wag om daardie pragtige dogtertjie binnekort sien nie.”

Kevin en Danielle het nog nie kommentaar gelewer op die nuus nie.

Die paartjie is in 2009 getroud en het in Februarie 2014 hul eerste kind, ’n dogtertjie genaamd Alena, verwelkom.

Kevin en sy vrou het in April vanjaar aangekondig hul gesin gaan uitbrei. Elkeen het op Instagram ’n foto geplaas van hulle in die bed.

“Berei voor vir baba nommer twee! #babyjonas2,” het die byskrif by die skattige foto gelui. Op die foto peusel Danielle aan Cheerios-graankos, Girl Scout-koekies en verskeie ander lekkernye terwyl Kevin langs haar sit en lees uit die gewilde swangerskapsgids What to Expect When You’re Expecting.

© Cover Media