’n Mens kan dit nie glo nie! 7de Laan se grootoog Errol is nou pa.

A photo posted by christodavids (@christodavids) on

Die kleinding het met geboorte 3.18 kg geweeg. “Jy het gehuil toe jy my sien. En toe huil ek. Toe huil ons saam vir ’n rukkie. Nou kan ons ’n leeftyd saam lag,” skryf hy verder.
Christo het voorheen met Huisgenoot gesels oor sy seun se spesiale naam.

Five weeks and counting... Preparations almost done #elijahiscoming #truthbetold #gatsêvirjouma

A photo posted by christodavids (@christodavids) on

“Dit het vir my ’n baie sterk betekenis. Elijah was ook ’n groot figuur in die Ou Testament. Daar word ook na hom verwys in een van die laaste verse van die Ou Testament: Maleagi 4:5.”

Christo was opgewonde daaroor om vir die eerste keer pa te word. “Ek kom uit ’n groot familie waar meestal seuns gebore word. Ek is baie opgewonde daaroor om iemand se pa te wees, sê hy.”

En watter lewenslesse wil hy graag sy seuntjie leer?

“Dieselfde wat my oupa Goliath (die akteur Goliath Davids) my geleer het. As jy weet van waar jy vandaan kom, sal jy altyd weet waarheen jy op pad is. Doen eers wat jy moet doen, en daarna kan jy doen wat jy wil doen.”