'n Familie van KwaMhlanga in Mpumalganga was na bewering so diep in 'n finansiële verknorsing dat hulle gekies het om saam hul lewens te beëindig.

Netwerk24 berig die gesin van vier het in erge armoede geleef "met niemand om hulle te ondersteun nie" en dat 'n oordosis diabetiese medikasie toe as uitweg gekies is.

Die ma (42) het glo die medikasie by 'n hospitaal in Hammanskraal gekry as deel van haar maandelikse voorraad. Volgens die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het die vrou van die medikasie vir haar 17-jarige dogter, 15-jarige seun en tweejarige babadogtertjie ingegee.

Die gesin is kort daarna deur bure ontdek en toe na die hospitaal gehaas. Die ma en die 17-jarige dogter is kort ná aankoms by die hospitaal oorlede. Die seun en sy babasussie het oorleef.

Hulle is in 'n stabiel, maar kritieke toestand.

Volgens die verpleegpersoneel het die ma aan hulle gesê sy kan nie langer met die smart van armoede saamleef nie omdat sy nie haar gesin kan sorg nie. "Sy is kort daarna dood," het Selvy gesê.

Bron: Netwerk24

Lees ook op Netwerk24: