Die vlae wapper, die stadions is gereed en elke Vrydag trek jy daardie splinternuwe Bafana-trui aan om te wys hoe getrou jy Suid-Afrika se span ondersteun.

Die wind speel tamboer op die vlaggie op jou motor en jou kinders verpes jou vir sokkerplakkers wat hulle met hul maats uitruil. Ja-nee, ons is reg vir die ding.

Soos die plaaslike reëlingskomiteebaas, dr. Danny Jordaan, dit stel: ‘‘Dis nou hier. Die tyd vir voel is verby, dit is tyd om die gees te sien.’’ Bafana Bafana is dalk nie gunstelinge nie, maar heng, hulle is ons manne, en ons droom tog van ’n plek in die tweede ronde, want die spelers is vuur en vlam en oorgehaal en sal met niks minder tevrede wees nie.

In die Huisgenoot van 10 Junie, kan jy meer lees oor die sterre in Bafana wat die span en die land gaan laat skitter...

Op die internet:

http://www.facebook.com/OfficialBafanaBafanaSupporters

Bespreek vir Skouspel!