Thailand -

Die oulike kleinding kan op geen manier uitwerk hoe die badstorie nou eintlik gedoen moet word nie. Soms is dit stert-oor-kop, ander kere is dit sommer holderstebolder bo-oor die kante van die plastiekbad.

Hy kan ook nie besluit of hy binne of buite die bad wil wees nie. So tussen die gewoel en gespat van water deur glo ons dat olifant se kind wel skoongekom het.

BRON: YouTube