Daarby het hulle geskryf: “Dié liedjie is baie persoonlik en spesiaal vir ons. Ons hoop julle hou so baie daarvan soos ons.”

Ou Backstreet Boys-aanhangers sal bly wees om te sien die groep het nog nie hul sin vir die dramatiese verloor nie. In die video kyk hulle smeulend na die kamera terwyl hulle ’n intense ballade sing.

Nick, Howie, Kevin, Brian en AJ is beslis nie meer seuns nie. Sommige van hulle is nou bebaard, groot en vol tatoes. Net Kevin lyk nog presies dieselfde.

Dis net jammer daar is geen dansery op hul nuwe video nie; dit was kenmerkend van elke Backstreet Boys-video.

Kyk na die nuwe Backstreet Boys-video hier op hul Facebook-blad. Hulle het ver gekom sedert die laat 90’s, toe Nick nog ’n riller van ’n middelpaadjie gehad het, en hul treffer I Want It That Way tienermeisies laat swymel het. Kyk hier na die destydse Backstreet Boys: -Petro-Anne Vlok

BRONNE: usatoday.com, time.com, facebook.com, youtube.com