Die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annatjie, verwag weer! Die egpaar, wat reeds twee seuntjies het - Sion en Leben - het die gelukkige nuus op Twitter bekendgemaak.

Bobby het juis vroeƫr vanjaar geskerts dat hy en Annatjie op pad is Phoeket in Thailand toe vir 'n wegbreek en "dalk iets saam kan terugbring".

Die ooievaar het duidelik geluister!