’n Pasgebore baba, met sy naelstring nog aan, is Dinsdagoggend by George se stortingsterrein gevind.

Volgens die George Herald het ’n vrou die grusame vonds gemaak toe sy een van die rommelsakke op die stortingsterrein oopmaak.

Volgens berigte het sy eers gedink dit is vleis in die sak. Beamptes van LVDS-sekuriteit en wetstoepassing het die polisie ontbied nadat hulle na die toneel gegaan het.

Die polisie fokus nou op gebiede in die omgewing waar vullis op Dinsdae afgehaal word omdat die baba vermoedelik van daar afkomstig is.

Berigte dui ook daarop dat die baba volgens ’n voorlopige ondersoek moontlik aan hoofbeserings en gebreekte rugwerwels gesterf het.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om ao. Jerome Malan by 044-803-4764 of 082-297-9629 te skakel.

Bron: georgeherald.com