[caption id="attachment_118137" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook/Hernan Coria Foto: Facebook/Hernan Coria[/caption]

Verlede week het swemmers in die oord Santa Teresita gedink dis ’n blink gedagte om die soogdier net vining uit die water te haal vir ’n paar selfies op die strand. Besoekers aan die oord het ’n groot skare om die dolfyn gevorm, dit rondgestuur en so ook die dolfyn hardhandig hanteer.

[caption id="attachment_118139" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook/Hernan Coria Foto: Facebook/Hernan Coria[/caption]

Nuuskierige toeriste wou almal ’n beurt hê om dié dier vas te hou vir ’n foto, maar ongelukkig was dit nie gunstige toestande vir die dolfyn nie. Dolfyne het ’n dik en glibberige vel wat hitte voorsien en dit binnehou, maar die dolfyn moes weens oorverhitting en dehidrasie gesterf het.

Selfs nadat die dolfyn dood is, het besoekers dit aanhou ronddra vir foto’s. Nadat almal hul selfies gekry het, het hulle die lewelose dolfyn net daar op die strand agtergelaat.

Die Argentynse natuurstigting het die publiek in ’n verklaring herinner aan ’n soogdier se kwesbaarheid in ’n poging om ’n soortgelyke voorval te vermy.

“Die situasie skep die geleentheid om die publiek in te lig oor die dringende behoefte om dolfyne terug in die see te sit wanneer hulle op die strand uitspoel,” lui die verklaring.

Bronne: Sky.com; Metro.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com

Jennifer Garner ‘wil kinders gelukkig hou’ ná skeiding

Man se liefdestaak om sy vrou weer te sien glimlag

Seekoei maak man dood op Valentynsdag

K2-tweeling se foto’s gebruik vir aanlyn leuens

Byna helfte van SA is opgaarders – is jy een?