Babahondjies word aan die Universiteit van Aberdeen ingespan om studente van eksamenstres te verlos.

Goue labradors word in die spesiale “hondjiekamer” geplaas waar voorgraadse studente hulle kan gaan vryf tydens die besige eksamentyd.

“Hopelik kan ons die studente se gesondheid én punte verbeter,” sê Emma Carlen, ’n studenteverteenwoordiger.

Dié plan volg nadat ’n Kanadese universiteit verlede jaar ’n soortgelyke program van stapel laat loop het.

- Bang Showbiz