’n Baba is dronk gebore nadat sy hoogswanger ma in ’n drankwinkel inmekaargesak het.

Die nuwe ma staar nou tronkstraf in die gesig, want haar baba het amper 23 keer die alkoholperk vir motorbestuurders in sy bloed gehad toe hy twee weke te vroeg met ’n noodkeisersnee gebore is nadat sy inmekaargesak het toe sy drank op ’n dorp in Pole wou koop.

Wojciech Zawalski, ’n hospitaalwoordvoerder, sê: “Die ongebore baba het ’n groot gevaar geloop om aan vergiftiging te sterf.

“Toe hy uitkom, het sy hart skaars geklop en het hy 4,5 g alkohol in sy bloed gehad.”

’n Polisiewoordvoerder sê die saak word ondersoek.