’n Baba van Wilderness naby George in die Suid-Kaap het Donderdag in ’n emmer water vedrink, het paramedici gesê.

Toe nooddienspersoneel op die toneel in ’n informele nedersetting aankom, was die baba reeds dood, het die hoof van die Nasionale Seereddingsinstituut in die area, Robert van Helsdingen, gesê.

Volgens Robert word daar geglo die baba het per ongeluk verdrink. Die kleintjie se ouderdom is ook nog nie bevestig nie.

’n Geregtelike doodsondersoek sal uitgevoer word.

Bron: News24