’n Babaseun veg om sy lewe in ’n hospitaal nadat hy in ’n oprit in KwaXimba, Cato Ridge, deur ’n motor wat in trurat was, raakgery is.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, sê mediese personeel het hulle na die 18 maande oue baba gehaas nadat hy na ’n plaaslike kliniek geneem is.

“Paramedici is gekontak en met hul aankoms by die kliniek het hulle die baba by verpleegsters gevind. Hy het ernstige beserings opgedoen,” sê sy.

Mediese personeel het versoek dat die seun met ’n lugambulans vervoer word.

“ ’n Helikopter van Air Mercy Service is gekontak en die kind is vir verdere mediese sorg na ’n plaaslike hospitaal gebring. Die besonderhede rakende die voorval is onbekend en sal ondersoek word,” sê sy.

Bron: News24