Toe sy die afgelope week in die hospitaal opgeneem word, was haar bloedalkoholvlak 0,294 – drie keer meer as die wettige limiet vir ’n volwassene om te bestuur.

Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder, Bradley Hetlet, het die baba Maandag die alkoholbesmette formule gedrink, berig Netwerk24 via die nuusagentskap Reuters.

Blykbaar was dit ’n ongeluk en die ouers word nie aangekla vir hierdie spesifieke voorval nie. ’n Afsonderlike aanklag staar wel die pa in die gesig ná ’n onderonsie ontstaan het tussen hom en sy vrou toe die baba begin ly het weens die drank.

Die ma het vertel sy het glo ’n houer wat sy gebruik vir die baba se bottel, vol water gemaak, dit op die kombuistoonbank geplaas en die vertrek verlaat. Die pa het daarna die kombuis binnegekom, die houer leeggemaak en twee skeutjies wodka daarin gegooi. Hy wou daarmee na ’n vriend se huis.

Onwetend het die ma toe babaformule met die vodka gemeng en die baba gevoer. Die ouers het eers hul fout agtergekom toe die baba vreemd begin optree.

Die ma en die 22-jarige pa het begin stry, waarby die polisie ook later betrek is.

Midde-in die chaos het reddingswerkers ook opgedaag en die baba na die hospitaal gehaas. Die kleinding is eergister ontslaan.

Bronne: Reuters; Netwerk24