ER24, sowel as ander nooddienste, het die ongelukstoneel bereik en bevind twee motors het gebots, het woordvoerder Chitra Bodasing Harduth gesê.

Die bestuurder van een van die voertuie was in die motor vasgekeer. Hy sowel as 'n vroulike passasier is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die ander motor was ook vasgevang en moes uit die voertuig gehaal word. Hy is tans in 'n kiriteke toestand.

"Die baba het glo in hierdie motor gereis," het Chitra gesê. "Die baba is in die pad gevind, ongelukkig noodlottig beseer."

Die kritiek beseerde pasiënt sowel as minstens vier ander mense is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere mediese behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

Owerhede was op die toneel vir om die oorsaak te bepaal. Die pad was vir 'n tyd lank vir verkeer gesluit.

Bron: News24