’n Ses weke oue baba se 21-jarige ma het Donderdag gewag vir ’n hysbak met haar babadogtertjie in ’n stootwaentjie op die 23ste vloer van ’n gebou in Brooklyn, New York.

[caption id="attachment_140845" align="alignnone" width="600"]Die ses week oue baba het na haar dood getuimel. Die ses week oue baba het na haar dood getuimel. [/caption]

Toe die deure oopgaan, het sy die leë hyserskag binnegestap en nie besef die hysbak is nie daar nie. Die twee het agt vloere ver geval en uiteindelik op die hysbak geland wat op die 15de vloer was.

Die ma, wat deur die New York Daily News as Aber Al-Rahabi geïdentifiseer is, het die val oorleef, maar haar dogtertjie, Areej Ali, is in die hospitaal dood verklaar.

Die koerant berig daar is herstelwerk aan die hysbak gedoen, maar dat daar geen waarskuwingstekens was vir die inwoners van Sea Rise II-woonstelle in Coney Island nie.

[caption id="attachment_140846" align="alignnone" width="600"]Die woonstelblok waar die voorval gebeur het, is glo "deurspek met oortredings". Die woonstelblok waar die voorval gebeur het, is glo "deurspek met oortredings".[/caption]

Die woonstelblok is “deurspek met oortredings”, berig NY Post, “en dit sluit in 45 oortredings wat direk met die hysbakke verband hou”.

’n Buurvrou het aan New York Daily News gesê “sy het soos ’n klein poppie gelyk. Ek sal daardie beeld vir altyd saam met my dra. Dit was hartverskeurend.”

Bronne: NY Daily News, NY Post, The Mirror