Die baba, haar Franse pa en Chinese ma het Sondag op Heathrow-lughawe in Londen ’n Cathay Pacific-vlug gehaal. 

Tydens die vlug het die baba se ouers opgelet sy verloor telkens haar bewussyn en hulle het die katjuitbemanning gevra om help. ’n Verpleegster wat toevallig op dieselfde vlug was, het dadelik noodhulp op die baba toegepas, maar dit was tevergeefs. 

Die loods het ’n noodlanding in Kazachstan gedoen sodat die baba daar die nodige mediese behandeling kon ontvang, maar sy is met haar aankoms by die lughawe deur mediese personeel dood verklaar. 

Die presiese oorsaak van haar skielike dood is nog onduidelik, maar geen misdaad word vermoed nie. Die ouers het met hul baba se liggaam verder na Hongkong gereis.

’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word. Onbevestigde verslae lui sy het voor hul vertrek ’n maagaandoening gehad en tydens die vlug melk gedrink.

In Januarie is ’n vyf maande oue baba op ’n binnelandse Turkse vlug aan ’n hartaanval oorlede. Dokters waarsku ouers met jong babas dat hulle nie hul kinders moet laat vlieg as hulle ’n mediese probleem het nie.

Bronne: Independent; Ejinsight; Airlive.net

Ander stories op Huisgenoot.com:

Wonderbaba van Alberton sterf: ‘God het gekom om haar huis toe te vat,’ sê gebroke pa

Die soektog na Madeleine McCann: hoop vlam opnuut op

Oscar Pistorius se wolhaarhondjie: Vertroetel hom wanneer tronkdeur toeklap, vra kenner

Kyk hoe blom die liefde tussen dié beminde Afrikaanse sangerpaartjie

Kyk: Sue Duminy rits die wêreld vol en deel pragfoto’s van haar reise