rhino

Luidens die KABC-televisiestasie, het amptenare by die dieretuin die ses weke oue renostertjie, Chutti, en agt maande oue kalfie, Moo Moo Kitty, saamgesit met die hoop dat hulle mekaar geselskap sal hou en mekaar aan die oefen sal kry.

Chutti is op 27 November gebore in die Safari Parks Asian Plains-afdeling van die dieretuin, maar toe veeartse sien dat hy nie vining genoeg gewig optel nie, is hy na die sorgeenheid van die dieretuin geskuif.

Die boesemvriende sal die volgende jaar saam spandeer totdat Chutti klaar gespeen is.

Loer hier onder hoe Chutti sy bottle melk geniet:

Bronne: Mashable en YouTube