Die vlug, onderweg na Phoenix,  is herlei na die Los Angeles internasionale lughawe.

Die vlugbemanning en ’n dokter en verpleegster aan boord het die vrou gehelp, het die lugredery-woordvoerder Emily Samuels gesê. Sy het gesê die lugredery het hopelik nou ’n lewenslange klant.

Paramedici aan boord gekom en die ma en pasgeborene gehelp. Hulle is in ’n goeie toestand hospitaal toe geneem, het ’n woordvoerder vir die Los Angeles-brandweer, Erik Scott, gesê.

Die passasier Julie Dafoe het gesê sy en Kurt Reed het langs die vrou gesit.

“Een van die verpleegsters wat gehelp het, het gesê sy het in die lughawe op en af geloop; hulle het gedink sy kry kraampyne,” het Julie aan die TV-stasie KTVK gesê.

“Ek het ewe skielik ’n baba hoor gil en het by myself gedink hier is nie ’n baba op die vlug nie,” het Kurt gesê.

Passasiers het gesê hulle het gehoor toe iemand ’n dokter ontbied, maar het nie geweet wat die mediese noodgeval was nie.

“Die kaptein het die nuwe aankomeling verwelkom,” het ’n ander passasier, Aarti Shahani, aan KTVK gesê. “Ons het almal begin hande klap, maar dit verwarrend, want ons het gedink iemand sterf.”

Hoe gemaak as ’n vrou in kraam gaan en daar is nie professionele hulp nie? Paramedici van Ambutek (Emergency Care Training) deel ’n paar wenke:

  1. Ontbied ’n ambulans. Vind uit by watter hospitaal die vrou beplan het om te kraam.
  2. Bepaal die tyd tussen kraampyne en kyk hoe vêr sy ontsluit het. As daar twee minute of minder tussen kraampyne is, is die vrou gereed om te kraam.
  3. As die baba se kop uitsteek, moet die ma op haar rug lê met haar knieë uitmekaar. Sit kussings onder haar om haar gemaklik te maak.
  4. Probeer kalm bly en die ma verseker dat alles oukei sal wees.
  5. Was jou hande en maak reg om die baba te vang. Gebruik antibakteriese seep of reiniger en warm water en skrop jou hande en jou arms tot by jou elmboë.  Dra rubberhandskoene as jy dit het.
  6. Hou ’n skoon kombers en handdoeke gereed.
  7. Moenie die baba se kop trek wanneer dit uitkom nie; ondersteun dit net.
  8. As die naelstring om die nek gedraai is, moet jy dit saggies oor die baba se kop probeer lig.
  9. Hou die baba gelyk met die plasenta of nageboorte; as die baba hoër as die plasenta is, sal dit swak bloed- en suurstoftoevoer kry.
  10. 10.Sodra die baba uit is, moet jy dit op die ma se bors neersit en die sole met jou vingers tik om seker te maak die baba haal asem. Die baba behoort te huil.
  11. 11.Moenie die naelstring sny nie; laat die paramedici dit doen.

- Katlego Mkhwanazi