’n Ongebore baba het ’n weerligslag oorleef.

Kendra Gordon was 38 weke swanger toe ’n weerligstraal haar bewusteloos laat. Sy het in Albuquerque, Nieu-Mexiko, van ’n storm skuiling gesoek.

Dokters was geskok toe hulle ontdek die baba is ongedeerd, al het sy ’n 50-persent-kans op oorlewing gehad.

Kendra se dogtertjie, Kimberley, is kort ná die beproewing gebore en het die bynaam Flash gekry weens haar statiese hare.

Die baba het ook weens die weerligslag neurologiese skade opgedoen.

Kendra het gesê: “Dis moeilik om haar so te sien; sy kan nie eet soos sy moet nie, maar andersins is ek bly sy het alles oorleef.”