Vinnige optrede deur Tracker en ’n ooggetuie wat die SAPD ingelig het, het daartoe gelei dat die motor binne minute opgespoor is. Die polisie het die motor agterna gesit, maar toe die motor tot stilstand kom, was daar geen teken van die baba nie.

Die baba is gelukkig kort daarna deur ’n polisieman in Eldorado Park gevind. Volgens ooggetuies het die kaper die baba deur die oop venster van die bewegende motor geslinger.

Die baba het geen beserings opgedoen nie en is veilig aan sy ma terugbesorg. Een persoon is reeds in verband met die voorval gearresteer.

Bron: Sapa