Morgan Hill van Chicago se eie ma het haar as pasgebore baba in ’n stortbak vir vullis in Illinois agtergelaat. Die baba is deur die bouwerker Gerald Rocky Hyatt gered.

“Hy het die laaste vrag vullis afgelaai van die bouterrein waar hy gewerk het,” vertel Morgan (nou 20).

“Voor hy dit ingegooi het, het hy ’n gekreun gehoor. Hy het ’n wit sak gesien wat dubbeld toegeknoop was.”

Lees ook: Vrou met familie herenig nadat sy 31 jaar gelede verdwyn het

Gerald het haar na ’n nabygeleë hospitaal geneem, waar sy Mary Grace genoem is. Sy het haar huidige naam gekry nadat Sandi Hill haar aangeneem het.

Met die nuwe inligting oor hoe sy by haar gesin beland het, het Morgan die afgelope twee jaar die “beskermengel” gesoek wat haar lewe gered het. En toe het sy hom met behulp van die NBC-geaffilieerde KSHB eindelik opgespoor en verlede maand ontmoet.

“Ek het in trane uitgebars en die eerste ding wat ek gesê het, was: ‘Dankie’,” vertel Morgan. “Hy het vir my gesê: ‘Jy is so gelief.’ ”

Lees ook: Tranedal toe seun en hond herenig

Met hul reünie het Gerald vir Morgan ’n foto gegee van hom wat haar as baba by die hospitaal vashou en ’n wapentjie wat 20 jaar gelede aan hom toegeken is nadat hy haar gered het.

“Ek dra dit sedertdien elke dag,” vertel Morgan, en voeg by sy kan Gerald nie genoeg bedank dat hy haar van ’n tragiese lot gered het nie.

“Hy het my ’n tweede kans op ’n lewe gegee. As hy my nie gevind het nie, sou ek nie nou hier gewees het om ander te help en vir toekomstige mammas te wys daar is soveel opsies daar buite en dat jy nie jou baba hoef weg te gooi nie.”

Kyk onder na die hartroerende oomblik:

Bronne: today.com, kshb.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

29-jarige met Downsindroom verloor byna 50 kg in ongelooflike transformasie

Soete weerwraak van verkulde geliefde: ‘Hoop sy was dit werd!’

Kyk hoe skarrel Kurt Darren toe dié komediant hom probeer ‘verlei’

Dié broer en suster gaan nooit weer kan slaap weens ’n seldsame en ongeneesbare breinsiekte

Kyk die ongelooflike oomblik toe ’n ongebore babameisie sigbaar in haar ma se maag omrol!