'n Seuntjie (11 maande oud), bedek met verbande en met net 'n vuil doek aan, is in 'n vullisstortbak in die Amerikaanse deelstaat, Nebraska, gevind.

'n Inwoner van die dorpie, La Vista, wat naby die stortbak bly, het Woensdagaand die skokvonds gemaak toe hy ondersoek gaan instel het nadat hy vreemde geluide gehoor het.

Die man, wat onbekend wil bly, sê hy was besig om sy motor skoon te maak toe hy 'n geluid wat wat soos 'n tjankende dier geklink het, afkomstig van die groen stortbak gehoor het.

“Baie kommerwekkend, baie ontstellend. Ek kon my eie oë nie glo nie, ” het die geskokte man aan KETV in die VSA gesê.

“Toe ek in die stortbak kyk het ek 'n handjie wat 'n leë bottel vashou, sien beweeg. ”

Die polisie in La Vista het nie die seuntjie se naam bekendgemaak nie, maar het met behulp van plaaslike inwoners sy ma geïdentifiseer. Die seuntjie het ook 'n vyfjarige sib.

Dit is nie duidelik of die seuntjie se ma en sy sib al gevind is nie.

Volgens die polisiekaptein van La Vista was die seuntjie in betreklik-goeie gesondheid al het hy wel skrape en kneusplekke aan sy rug gehad. Die seuntjie is na die Omaha Children’s Hospital geneem vir behandeling.