Daarin kan ’n mens sien hoe die tweejarige Isaiah Chute met ’n onlangse uitstappie na die Columbus-dieretuin in Ohio met die baba-gorilla pret het.

Die kleuter, wat daar was saam met sy ma, Sherry, het die gorilla se aandag getrek deur op sy bors te slaan.

“Hy het net na die gorillas gekyk en ons het vir hom gevra: ‘Isaiah, wat doen gorillas?’ en hy het op sy bors begin slaan,” het Sherry aan The Columbus Dispatch vertel.

“Dit was ’n baie prettige interaksie. Dis maar hoe Isaiah is. Enigiemand wat hom ken, weet hy is baie spelerig.”

Kyk die video hier onder:

Bronne: metro.co.uk, nbcnews.com