Hulle kan tans nie ’n operasie bekostig nie, het The New Age Woensdag berig.

Die rotte het Erena Yekanyi verlede Maandag by haar woning aangeval.

“Ek het buite gestaan en wasgoed was en Erena het in die huis gelê en slaap. Ek het haar hoor huil en toe ek in die huis kom, was sy met bloed bedek,” het die baba se ma, Thandaza, na bewering gesê.

Sy gaan by die Charlotte Maxeke akademiese hospitaal rekonstruktiewe chirurgie kry sodra haar ma die geld vir die operasie insamel.

Volgens die berig is dit nie die eerste aanval in die township nie.

Kinders en bejaardes is na bewering in hul slaap doodgemaak deur knaagdiere wat glo groter as gewone rotte is.

’n Woordvoerder vir die Stad Johannesburg, Nkosinathi Nkabinde, het die koerant vertel dat informele nedersettings tot sulke besmettings geneig is weens die onbehoorlike hantering van huishoudelike afval.

Hy het gesê die stad het verskeie strategieë geïmplementeer om die probleem uit die weg te ruim.