Beamptes het op die kind afgekom nadat hulle Maandagoggend ontbied is na ’n gebou in West Side, Chicago.

Die polisiebeampte het mediaberigte bevestig dat ’n 52-jarige familielid na bewering die meisie se keel met ’n sirkelsaag afgesny het, blykbaar omdat die meisie nie wou ophou huil nie. Die beampte het op voorwaarde van anonimiteit met die Associated Press gepraat, want ’n amptelike lykskouing is nog nie uitgevoer nie.

Die beampte het gesê die vrou is in polisieaanhouding in ’n hospitaal met wonde wat sy haarself toegedien het.

Die polisie sê ’n ander familielid het op die baba en die vrou afgekom.

Beamptes van Illinois se departement van kinder-en-gesinsdienste sê die agentskap was nog nooit voorheen met die gesin in verbinding nie. Die owerheid sê geen ander kinders was tydens die voorval in die huis nie.

Ben Llamas werk saam met die kind se pa en het met hom na die toneel gery. Ben het aan die Chicago Tribune gesê die pa was ontsteld, maar het nie gepraat oor wat gebeur het nie.

Sy vriend het ’n maand gelede saam met ’n vrou by die huis ingetrek, sê Ben. Die twee het saam ’n jong kind gehad.

“Eers was hy huiwerig, maar toe die baba kom, het hy verlief geraak,” sê Ben. “Hy wys ons elke dag foto’s van die baba.”

Die bure sê talle mense woon in die huis waar die baba gekry is.

“Hulle was baie goeie mense,” het Francisco Arreola in Spaans aan die Chicago Tribune gesê. “Ek het hulle altyd gesien en hulle was baie gelukkig. Ek het hulle nooit hoor baklei of enigiets nie.”

- Sapa