DIT was ’n fyn beplande lokval. Hy het geen moeite ontsien om haar vas te trek nie. Elke detail is volmaak uitgewerk en hy het selfs sy kontakte by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en Interpol se hulp ingeroep.

Want die baasspeuder Piet Byleveld (60) het net geweet: Hierdie een mag hy nie laat wegkom nie . . .

Eers het hy en Elize Smit (51), ’n versekeringsbestuurder – nes in Hollywood se spioenasieflieks – ’n drankie by ’n luukse Londense hotel se kroeg geniet. Sy vriende van die NVG het die plek aanbeveel.

Daarna het hulle saam met haar kinders en kleinkind in die deftige restaurant geëet.

En teen die tyd dat hy Elize aan haar hand na die 26ste verdieping geneem en op die yskoue Desember-nag na ’n tafeltjie met brandende kerse op die dak gelei het, was die koeël deur die kerk.

Hy wou nog kniel om die diamantring, vasgemaak aan ’n rooi roos, vir haar te gee, maar toe val die ring kletterend op die sement en verklap sy plan. Maar ’n brigadier laat hom nie ontsenu nie, toe sê hy maar so staande: ‘‘Elize, jy is soos ’n diamant vir my en baie spesiaal, die belangrikste mens in my lewe. Sal jy met my trou?

“En toe ek die ring aan haar vinger steek, toe hét ek haar,” sê Piet met ’n knipoog en ’n tevrede glimlag. Want teen die einde van 2011 gaan hy met die vrou van sy drome trou.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 24 Februarie 2011