Suid-Afrika is Woensdag geruk deur die verlies van een van sy beste speurders. Piet was sedert verlede week Dinsdag in die hospitaal.

Hy het fase vier longkanker gehad.

Huisgenoot het Piet Sondagaand die laaste keer langs sy sterfbed in die Life Wilgeheuwel-hospitaal in Roodepoort gaan besoek.

Hy was toe reeds in ’n diep slaap en het gesukkel om asem te haal.

“Daar is reeds ’n groot leemte wat hy laat, maar ek weet vir seker hy is rustig en gelukkig waar hy nou is by ons Hemelse Vader. Ek het aan hom belowe dat ek ‘OK’ sal wees, hy hoef nie bekommerd te wees nie,” het Elize geskryf.

Piet het groot sukses gehad met moordsake soos dié van Sheldean Human, en het ook Donovan Moodley, die moordenaar van Leigh Matthews, vasgetrek.