Piet Byleveld se vrou Elize, haar kinders en kleinkinders moes vandag afskeid neem van hulle geliefde oupa. 

In ‘n roerende brief wat sy “kleinseuns” aan hom geskryf het met ‘n kleur prentjie van ‘n huis en hulle oupa, vertel Elize se kleinkinders, Erasmus en Christiaan hoe Jesus vir Piet nodig gehad het.

Elize se roerende brief aan haar man by sy roudiens. Foto: Jacques Myburgh


“Ons almal weet oupa Piet is oorlede maar Jesus het hom nodig gehad en hy is in elkeen van ons se hart en ons almal mis hom baie, maar ons almal onthou wat hy vir ons gedoen het.

“Ons het altyd saam hom gebraai.

“As ek by hom braai of slaap het ons altyd uit gaan eet of ‘n lekker varktjop gebraai en in die oggend of middag Lanseria toe gegaan en na die groot vliegtuie gaan kyk en pannekoek gaan eet.”

Elize het ook ’n roerende brief aan Piet geskryf. “My hart is in stukke gebreek, ek soek jou om elke draai,” skryf sy.

Piet het in Maart vanjaar gehoor hy is met fase vier longkanker gediagnoseer.

Met Huisgenoot se laaste onderhoud met hom in April het die kanker reeds na sy lewer, byniere en rugwerwels versprei.

Piet het na sowat ‘n week in die Life Wilgeheuwel Hospitaal in Roodepoort op 24 Mei sy stryd met die reeksmoordenaar verloor.