Bekommerde bure het Saterdag ongeveer 18:00 na die slagoffer se huis gegaan. Sy het egter nie op hul klop reageer nie. Hulle het besluit om verdere ondersoek in te stel en het die vrou en haar dogter met verskeie kopbeserings aangetref.

Volgens die polisie is die motief vir die brutale aanval in hierdie stadium nog onbekend. Die saak word deur polisie-speurders van Bethelsdorp ondersoek.

Enigiemand wat lig op die aanval kan werp, word versoek om speur-ao. Ben Killian by 0824421633, die naaste polisiestasie of Crime Stop by 08600 10111 te bel. Of stuur ’n SMS aan Crime Line by 32211.