A post shared by Avocaderia (@avocaderia) on

Maar nou sê dokters die wêreld se beheptheid met dié groen vrug veroorsaak dat mense toustaan met beserings.

Avokado-hand is die naam wat dokters die toestand gee waar mense met 'n mes die avokado in hul handpalm probeer sny of die pit met 'n mes probeer verwyder, maar dan per ongeluk te hard druk en deursny tot op hul hand. "Mense besef nie altyd dat die avokado baie ryp kan wees nie en mense weet nie altyd hoe om daarmee te werk nie," het Simon Eccles van die Britse Vereniging van Plastiese, Heropbouings- en Estiese Chirurge aan The Times gesê. Dokters by hospitale in Engeland vertel glo dat mense veral oor naweke ná ontbyttyd by ongevalle opdaag met snyplekke aan hul hand weens 'n avokado-ongeluk. Een het vertel hy behandel tot vier pasiënte per week wat met dié probleem daar aankom.

#avocadoinjury #ouch #eathealthytheysaid

A post shared by Steph Ann (@sproffitt13) on

Die aktrise Meryl Streep het ook al haar hand met 'n avokado oorspeel en is in 2012 gekiek waar sy met 'n toegebinde hand rondloop weens die snyplek.

"Ons wil mense nie afskrik nie, maar ons voel kos-etikette metwaarskuwings kan 'n goeie manier wees om die probleem op te los. Dit moet iets herkenbaars wees. Dalk 'n prentjie van 'n avokado met 'n mes en dan 'n reuse rooi kruis daaroor getrek?"