.

  • Sy regte naam is Tim Bergling en hy kom van Stockholm, Swede. Hy het sy groot deurbraak op 18 gemaak toe hy ’n hervermenging van die temaliedjie vir die gewilde Commodore 64 videospeletjie Lazy Jones saamgestel het.
  • Sy grootste musikale inspirasies is Swedish House Mafia en Eric Prydz. “Hulle het my in house laat belangsel het,” sê hy.
  • Mense stroom na sy vertonings en hy het al voor honderde danse massas sy ding gedoen. “Dis ongelooflik,” sê hy. “Dis hoekom ek in die eerste plek dit begin doen het, hoekom ek besluit het om dit professioneel te doen. Die gevoel wat jy kry as jy voor ’n gehoor optree kan met niks anders vergelyk word nie.”
  • Hy het verlede jaar die sesde plek op die tydskrif DJ Mag se lys van die Top 100 platejoggies gehaal.
  • As hy nie ’n musikant was nie, sou hy “waarskynlik in telefoonverkope gewerk of soos baie van my vriende studeer het”.

BRONNE: http: www.huffingtonpost.com ; www.brightshinymusic.com; Wikipedia.org