’n Mens sou dink mense sal agterkom jy dra ’n jaar lank elke dag dieselfde pak, maar ’n Australiese TV-aanbieder het dit vermag; niemand het dit agtergekom nie. [caption id="attachment_88191" align="aligncenter" width="600"]Foto: Wikimedia Commons Foto: Wikimedia Commons[/caption] Karl Stefanovic van die Australiese ontbytprogram Today het die vlootblou pak elke dag gedra, behalwe op die dae waarop die gedroogskoonmaak is. Hy het dit gedoen om ’n punt te bewys nadat kykers sy mede-aanbieder, Lisa Wilkinson, se uitrustings gekritiseer het.

“Vroue word baie harder en skerper gekritiseer oor wat hulle doen, sê en dra,” het Karl aan Fairfax Media gesê.

Hy het wel verskillende hemde en dasse gedra.

- Petro-Anne Vlok

Bronne: twitter.com, gawker.com, wikipedia.org, news.com.au, smh.com.au