Toe word sy ’n vrywilliger vir ’n eko-navorsingsmaatskappy genaamd Africa Underwater in Mosambiek.

Elly het ses weke in Pemba sy aan sy met mariene wetenskaplikes gewerk.

Foto: Facebook.

Tot waar haar familie ’n oproep ontvang het wat hulle verpletter het, ’n oproep waartydens hulle meegedeel is dat hul dogter vermoor is. Daar bestaan ook die moontlikheid dat sy verkrag is. Luidens berigte is haar lyk in 'n toiletblok gelos.

Haar suster Kirsty het so die hartseer nuus oor haar suster op Facebook aangekondig.

Elly se pa, Paul Warren, het aan ABC News gesê dat sy dogter Woensdag alleen huis toe gestap het ná ’n partytjie. “Sy was ’n pragtige meisie; nou gaan ek haar nooit weer sien nie.”

Op sy persoonlike Facebook-blad het hy mense versoek om vir Elly te bid, maar terselfdertyd ook almal vir hul ondersteuning bedank.

Hy het ook genoem daar gaan ’n ondersoek en nadoodse ondersoek wees.

“Ek gaan oor ’n paar dae soontoe om my baba huis toe te bring. Die Here seën jou, Elly Rose Warren,” het hy geskryf.

Bronne: abc.net.au, news24.com, worldnews1.org