Oor sy tipiese dag op toer: “My tipiese dag begin gewoonlik wanneer ek tussen 12 of 1 opstaan, ontbyt eet en gereed maak vir die dag. Dan gaan ek na die venue toe, loop ’n bietjie rond, gaan dan na my kamer toe, teken sowat 300 plakkate vir my aanhangers, dan kom ek terug en skud blad met almal.”

Oor hoe meisies oor hom aangaan: “Meisies het al hulle selfone na my toe gegooi terwyl ek op die verhoog is, selfs hul motorsleutels. Daar het al selfs ’n paar meisies ná ’n vertoning saam met my in die motor gespring en hulle het my al probeer soen wanneer ek hulle wil groet; dis regtig baie snaaks.”

Oor sy uitwerking op ander en nederig wees: “Musiek smee beslis ’n band. Ek het al gehoor dat mense sê ek red hulle lewe en dis nogal groot. Ek probeer steeds verstaan hoe ek lewens kan red. Ek het so ’n groot uitwerking op mense en dit laat my werklik goed voel en dit maak my nederig.”

Bron: justjaredjr.com