Die atleet Tanguy Pepiot van die Universiteit van Oregon in die VSA was loshande voor in die wedloop by die Pepsi-spanuitnodigingsaamtrek. Hy was so vol selfvertroue dat hy gaan wen dat hy in sy laaste paar treë stadiger begin hardloop het en vir die gehoor gewuif het dat hulle vir hom moet skree.

Op daardie oomblik het ’n blitsvinnige atleet verby hom geskiet en Tanguy het die wedstryd verloor met ’n paar breukdele van ’n sekonde.

Ons kan aanneem dat hy nie sommer weer dié fout sal begaan nie.

Kyk hier na sy nederlaag:

Bronne: Time, Business Insider, YouTube