Ashton Kutcher is agterdogtig oor almal en glo sy bekendheid het bygedra daartoe dat hy mense in die algemeen nie juis vertrou nie.

Die Jobs-akteur (35) hou sy verhouding met die aktrise Mila Kunis (30) opmerklik stil nadat die verbrokkeling van sy huwelik met die aktrise Demi Moore (50) verlede jaar soveel publisiteit gekry het. Hy het vertel hy is spyt sy bekendheid het hom so wantrouig teenoor mense gemaak.

Hy het aan die Franse tydskrif Madame Figaro gesê: “Ek het eindelik geleer party dinge in die lewe het meer verdienste as hulle geheim gehou word. Verhoudings is een van daardie dinge. Wanneer jy beroemd raak, begin jy in elke nuwe situasie agterdogtig raak. Maar ek sou graag meer na mense wou uitreik, en hulle selfs wou help.”

Ashton dink nie sy aanhangers moet hom beny nie omdat hy al dieselfde persoonlike probleme as almal anders gehad het.

Hy het verduidelik: “Ek is net soos enige ander ou. Die verskil is dat mense dink my lewe is beter as hulle s’n. Dis nie heeltemal verkeerd nie, maar ek was ook al heeltemal verpletter en moes die deeltjies optel. Maar om ’n akteur te wees het my beslis volwasse gemaak.”

Ashton het ’n graad in biofisika en glo sy bleeksielagtergrond in wetenskap het hom gehelp om sy talent vir toneelspel te verbeter.

Hy het gesê: “Wetenskaplikes delf diep in ons materiële wêreld en haal daaruit die onvergelykbare opwinding van ’n lewensveranderende ontdekking. Om ’n akteur te wees is omtrent dieselfde ding. Ek is soos ’n speurder wat leidrade oor die menslike gedrag opvolg om dit so akkuraat moontlik in situasies weer te gee.”