Die Sweedse grimeerkunstenaar Linn Massinger verwys in ’n onderhoud met die Britse koerant The Sun daarna as “die beste nag van my lewe”.

In foto’s wat in die koerant gepubliseer is, wat gerugte van die twee laat ontstaan het, wys blykbaar hoe Linn in Ashton se arms slaap.

The Sun berig die foto’s is in sy huis in Los Angeles geneem, enkele weke voor sy verhouding met Mila Kunis op die lappe gekom het.

Volgens Linn het sy en Ashton tydens hul ontmoeting ’n “intieme omhelsing” gedeel.

Sy beweer hulle het mekaar in Junie 2012 in die kroeg Writer’s Room in Los Angeles ontmoet voor hy haar na ’n partytjie genooi het.

“Ons was omtrent net 10 minute daar voor hy my oorgenooi het,” het Linn gesê.

“Ek is alleen na hom toe, en toe ek hom sy naam vra, sê hy grappenderwys dat dit Chris is. Ek het later uitgevind dit is sy regte naam. Ek het geweet wie hy is, maar ek wou niks sê nie.

“Nadat ons sowat vyf minute gesels het, het hy gevra of ek saam na sy huis wil gaan. Ek het ingestem en hy het my nommer gevat en die adres aan my gestuur.”

Linn beweer by die huis het hulle twee ’n rukkie “weggeglip” en het later weer by die gaste aangesluit.

Hulle is later na sy kamer toe om te slaap, sê sy.

“Toe ek die volgende oggend wakker skrik, was dit tienuur. Ek het hom gesien en ’n bietjie paniekerig geraak. Dit het my toe eers regtig getref dat hy ’n groot ster is.

“Ek het hom nie wakker gemaak nie en het my vriend slapend in die TV-kamer gevind.”

Linn sê sy en Ashton het kort daarna kontak verloor.

“Ek was ’n bietjie teleurgesteld dat hy nie meer in aanraking was nie, maar ek het nooit gedink dit sou gebeur nie. Maar ek het dit aanvaar; ek het gedink hy is ’n groot ster,” het sy gesê.

“Toe ek daar was, het hy niks oor Mila of enigeen gesê nie. Ek hoop hy het gedink ek is ’n vriendelike meisie.”

Ashton en Mila het in Februarie verloof geraak en het onlangs hul eersteling verwelkom.

Dit sal sy tweede huwelik wees. Hy is in 2011 van Demi Moore geskei.

’n Woordvoerder vir die ster het nie onmiddellik op die bewerings gereageer nie.

© Cover Media