Oor Pretty Little Liars: “Wel, ek gaan op die oomblik deur ’n donkerder tyd van Hanna; sy beleef ’n rowwe en uitdagende fase. Ek gaan swart hare hê en sy gaan haar kleredrag verander en meer verslons aantrek. Ek sien uit daarna! Ek is baie opgewonde om te sien hoe my karakter se storie ontwikkel.”

Oor haar ongelooflike aanhangers: “Toe ek die eerste keer Europa toe is vir die Spring Breakers-toer, was dit absoluut ongelooflik, want Selena (Gomez) en Vanessa (Hudgens) was saam met my. Dit het omtrent ’n opskudding veroorsaak! Ek onthou ons was in Parys besig om inkopies te doen, en toe ons by die venster uitkyk, was daar duisende mense buite wat ons inwag, asof ons die Beatles is. Dit was mal!”

Oor haar babahondjie, Olive: “Ek is mal daaroor om net by die huis te wees. Ek het ’n hond, haar naam is Olive, en sy is wonderlik. Sy is soos my dogter; daarom is ek maal daaroor om tyd saam met my hond deur te bring.”

Oor mode: “Dit is pret om mooi aan te trek, maar ek dink altyd: ‘Ek is so moeg, ek wil net my sweetpak aantrek!’ Maar ek probeer deesdae vrouliker aantrek met behulp van my stilis, Jamie Schneider. Ek het net nog nie die regte klere nie. Ek is meer ’n ontspanne meisie wat lief is vir jeans en T-hemde!”

Oor haar planne: “Ek sal graag die filmbedryf wil betree, en ek probeer elke jaar. Ek sou graag by ’n onafhanklike prent betrokke wou wees, want ek dink daar is meer vryheid en dit is ’n groter uitdaging. In die TV-reeks speel ek nou al vyf jaar dieselfde karakter; ek sal enige geleentheid aangryp om iemand te kan speel wat geheel anders is as (die karakter) wat ek nou vertolk.”

- Janine Nel