Daar is geen teken dat die kwaai gevoelens tussen Taylor Swift en Kimye gou gaan oorwaai nie nadat die stryd oor Kanye se liedjie Famous weer opgevlam het.

Dis nou nadat Kim Kardashian Snapchats geplaas het van Taylor se telefoongesprek – wat op video opgeneem is – waarin sy glo haar seën uitspreek oor sy lirieke. Taylor was nou die middelpunt van vetes met Katy Perry, Nicki Minaj en haar ekskêrel Calvin Harris. Tog is sy nie al beroemde wat dié onbesonne paadjie na volvloerpublisiteit volg nie. Ons bied ’n kykie na die sewe grootste vetes op Twitter waarby beroemdes betrokke is. Taylor Swift vs. Kim Kardashian Kim Kardashian het onlangs haar man, Kanye West, in die tydskrif GQ verdedig teen Taylor se ontkenning dat sy daarvan bewus was dat hy van haar sou melding maak in sy snit Famous.

Kanye skerts in die snit dat hy by die ster van Shake It Off geslaap het en hy noem haar ’n t***. Verlede Sondagaand het die sage ’n nuwe wending geneem toe Kim inmeng deur Snapchats van Kanye se telefoongesprek met Taylor op sosiale media te plaas. ’n Mens kan hoor Taylor antwoord: “Hmm, ja, gaan voort met watter lyn jy ook al as die beste beskou. Hoe dit ook al sy, dit word duidelik as ironies bedoel.”

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

Sy het later teruggekap met ’n plasing op Instagram waarin sy vra om uitgelaat te word uit die storie en sy ontken steeds dat sy toestemming gegee het om ’n t*** genoem te word. Dit lyk na een van die vetes tussen bekendes wat nog lank nie oor is nie. Amber Rose vs. Khloé Kardashian Amber het al ’n hele reeks onderonsies met Kanye en talle lede van die Kardashian-familie gehad.

A photo posted by Amber Rose (@amberrose) on

Sy en Khloé het mekaar op Twitter in die hare gevlieg nadat sy kommentaar gelewer het op Kylie Jenner se verhouding met Tyga – die melkbaard-pa van haar vriendin Blac Chyna – op ’n radioprogram in Februarie 2015, deur die 18-jarige ’n “baba” te noem “wat om seweuur bed toe behoort te gaan en te ontspan”. Khloé het teruggekap deur Amber af te kraak omdat sy op 15 ontkleewerk gedoen het om vir haar gesin te sorg.

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

Amber het Khloe toe daarop gewys dat haar ouer suster, Kim, ook nou nie juis lelierein was nie, en het na haar seksvideo verwys in die volgende plasing: “@khloekardashian Ek sal daardie h*** wees om my gesin te onderhou soos jou ouer suster ook ’n h*** is om hare te onderhou.” Drake vs. Meek Mill Meek Mill se onbedagte skote in Drake se rigting het hom verlede jaar dwarsdeur die somer allerhande soorte probleme besorg.

A photo posted by Meek Mill (@meekmill) on

Meek het die sanger van One Dance beskuldig as sou hy daardie jaar van ’n spookskrywer gebruik gemaak het op sosiale media nadat Drake nie sy steun getwiet het vir sy nuwe album, Dreams Worth More Than Money, nie. “Hou ook op om Drake met my te vergelyk . . . Hy skryf nie sy eie raps nie! . . . Hy het nie eens daardie strofe op my album geskryf nie en as ek dit geweet het, sou ek dit van my album af verwyder het . . . ek bedrieg nie my bewonderaars nie! Baie snaaks,” het hy gekerm. Drake het nooit op Twitter teenoor Meek gereageer nie, maar hy het twee slegsê-grepe, Charged Up en Back to Back, uitgereik wat van Meek ’n bespotting gemaak het en tot ’n einde aan die vete gelei het.

A photo posted by champagnepapi (@champagnepapi) on

Zayn Malik vs. Louis Tomlinson Nadat Zayn weg is uit One Direction, het hy met sy voormalige medelid Louis ’n onderonsie gehad nadat die musiekregisseur, Naughty Boy, ’n gefiltreerde foto met die nuwe solosanger in Mei verlede jaar in die ateljee geplaas het. Louis het ’n manlike skakering getwiet: “Jy onthou die tyd toe jy 12 was en jy gedink het daardie Mac-filters vir jou foto’s is koel, haha! Sommige mense dink steeds so, HA!”

A photo posted by Louis Tomlinson (@louist91) on

Naughty Boy het hierop gereageer, en toe Zayn uitvind van die vete, het hy tussenbeide getree met sy eie twiet en geplaas: “Onthou jy die tyd toe jy ’n lewe gehad het en opgehou het om sarkastiese aanmerkings oor my lewe te maak?”

A photo posted by Zayn Mallik (@edditional_puc) on

Menere, asseblief! Zayn en Naughty Boy het ook lank daarna stry gekry. Iggy Azalea vs. Azealia Banks Nadat Iggy in Desember 2014 vir ’n Grammy benoem is vir beste rap-album, het Azalia die rapper tydens ’n onderhoud met Hot 97 ’n dwarsklap toegedien deur te sê sy “is niks beter as enige f***** swart meisie wat vandag rap nie”.

A photo posted by Iggy Azalea (@thenewclassic) on

Iggy, vir wie aanlyn twiste ook niks vreemd is nie, het die aas gesluk en aan Azealia getwiet, “daar is baie swart kunstenaars wat sukses behaal in alle genres. Die rede waarom jy dit nie kon doen nie, is jou p*** swak houding … jy het self jou ongelukkige situasie geskep deur kleingeestig te wees en jy beskik nog nie oor die breinkrag om dit te besef nie.” Azealea, ook nie op haar mond geval wat ’n aanlyn rusie betref nie, het teruggekap met haar eie reeks twiets en geplaas: “Liewe hemel, ek bid vir hierdie onnosel wit meisie . . . niks hiervan gaan vir haar sin maak voor sy nie self kinders het nie.

A photo posted by Azealia Banks (@azealiabanks) on

Rob Kardashian vs. Rita Ora Die sangeres Rita Ora het Rob Kardashian se hart gebreek voor hy sy lewe as werklikheidster vaarwel toegeroep het.

A photo posted by Rita Ora (@ritaora) on

Hy het in 2012 ’n vlaag kwaai twiets geplaas – en hulle dan weer uitgewis – waarin hy die sangeres van Hot Right Now beskuldig dat sy hom met “amper 20 vente” verneuk het. Rob het woedend bygevoeg: “Hoe kan ’n vrou wat so besig is om haar eie loopbaan aan die gang te kry, nog tyd kry om by so baie ouens te wees terwyl sy in ’n verhouding is?!”
Rita het net so hard teruggekap met ’n twiet waarin sy Rob daarvan beskuldig dat hy swak bedeeld is. “Ek moes dit iewers anders soek,” het sy getwiet maar dit kort daarna verwyder. Nicki Minaj vs. Taylor Swift Nicki en Taylor het koppe gestamp nadat die rapper uitgevaar het omdat sy nie benoem is vir Anaconda in die video van die jaar-afdeling by die MTV-musiekpryse van 2015 nie.
Haar twiet het gelui: “As jou video vroue met ’n baie slanke lyf besing, sal jy vir video van die jaar benoem word.” Taylor se vinnige reaksie op die rapper van Truffle Butter was: “Ek het niks anders gedoen as om jou lief te hê en te steun nie. Dit is nie jou styl om vroue teen mekaar op te weeg nie. Een van die manne het dalk jou gleuf oorgeneem.”

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

Nicki het teruggekap: “Het nie ’n woord oor jou gesê nie. Ek is net so lief vir jou. Maar jy moet hieroor praat. @taylorswift13.”

Taylor het vining die aftog geblaas, maar eers nadat Katy Perry haar stuiwer in die armbeurs gegooi het. “Vind dit ironies dat die rusie dat daar te koop geloop word met die opweeg van vroue teen ander vroue, ongeveer so onbegrens munt slaan uit die vernedering van ’n vrou . . .”

Cover