“Die Simply Delicious-reeks word in Indië onder streng beheer van ’n internasionale befaamde geurmaatskappy vervaardig en word weer getoets deur Tastic in ’n onafhanklike laboratorium in Suid-Afrika om seker te maak dat daar aan ons hoë vereistes voldoen word,” het Tiger Bramd Donderdag in ’n verklaring gesê. Die kleurmiddels metielgeel en soedan 1 is in seker Simply Delicious-produkte gekry wat in Junie en Julie vanjaar vervaardig is.

'Kleurmiddels kan voedsel onveilig maak.'

“Dié kleurmiddels kan voedsel onveilig maak oor die moontlike giftigheid en kankerwekkende eienskappe daarvan,” het Tiger Brands gesê.

“Albei bestanddele word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie beskryf as moontlik risiko’s vir mense se gesondheid, en word verbied in sekere lande, insluitend Suid-Afrika.”

Die maatskappy het gevolglik die Simply Delicious-produk tydelik herroep van alle supermarkte.

Enige verbruiker wat Simply Delicious se “cook-in-sauce” of kitsklaarrys wat in Junie of Julie gemaak is, gekoop het, word aangeraai om dit terug te neem na enige groot supermark in hul omgewing.

Vebruikers wat geraak word, sal ’n koepon ontvang met dieselfde waarde as die oorspronklike produk. Dié koepon kan op sy beurt gebruik word om énige produk te koop, het Tiger Brands gesê.

“Ons vra ons verbruikers om verskoning en wil hulle ook gerusstel dat die probleem slegs daardie spesifieke besending Simply Delicious-produkte raak.”

Al die ander Tastic-rysprodukte het voldoen aan die maatskappy se “baie hoë standaarde van volmaaktheid”.

Volgens Tiger Brands sal die Simply Delicious-produkte slegs weer aan supermarkte verskaf word sodra dit voldoen aan sy gehaltestandaarde.

Verbruikers wat bekommerd is of meer wil weet, kan Tastic se hulplyn by 0860 121 344 skakel.

- Sapa