Dit sal nou die dubbele regmerkie blou kleur wanneer ’n boodskap gelees is.

whatsapp1

As dit nie na iets nuuts klink nie, is jy dalk nie alleen nie. Baie gebruikers het die regmerkies verkeerdelik beskou as ’n aanduiding dat die boodskap gelees is, maar dit is nie die geval nie.

In werklikheid beteken dit bloot die ander gebruiker het die boodskap ontvang (die enkel-regmerkie beteken WhatsApp se bedienaars het die boodskap ontvang).

Jy kan ook lank op die boodskap druk om ’n “Message Info”-skerm te kry, wat besonderhede gee van wanneer die boodskap ontvang, gelees of gespeel is.

Natuurlik is die “last seen”-blokkie boaan die skerm ook ’n aanduiding van wanneer die persoon laas die app oopgehad het, maar die blou regmerkies is ’n direkter opsie.

Maar dit sou as ’n opsionele kenmerk beter gewerk het – dalk is party gebruikers nie so ingenome met die toevoeging nie.

WhatsApp is die gewildste boodskapdiens ter wêreld.

LET WEL: Dié nuwe funksie is nie noodwendig al vir almal beskikbaar nie - WhatsApp is tans besig om dit beskikbaar te stel.