Facebook het Dinsdag gesê hy het sy funksionaliteit verbeter, ten einde kul-boodskappe wat op sy gebruikers se nuusplasings verskyn, te verminder.

Hierdie plasings – wat bedrog of vals of misleidende nuusberigte insluit – kan gebruikers kwaad maak.

Facebook sal dophou hoe dikwels gebruikers rapporteer dat ’n artikel vals is – ’n nuwe verskynsel – en hoe dikwels gebruikers die artikel uitwis.

Facebook sal nie die artikels uitwis nie, maar hulle sal die aantal kere wat aanstootlike nuusplasings in nuusberigte verskyn, verminder.

Daar sal ook plasings verskyn met ’n boodskap dat baie ander mense op Facebook berig het dat die betrokke berig vals is.

Volgens Facebook sal humoristiese en satiriese inhoud nie geraak word nie.

- Sapa