Heelwat studies wat onlangs gedoen is toon as jy in November gebore is, is die kans groter dat jy ’n reeksmoordenaar sal word of dat jy aan die geestesteuring skisofronie kan ly.

Volgens navorsing deur die nasionale statistiekkantoor in die Verenigde Koninkryk is daar ’n nou verwantskap tussen die maand waarin iemand gebore is en sy/haar toekoms. Die studie toon ook diegene wat in November gebore is, het ’n groter kans om reeksmoordenaars te word. Navorsers beweer een van hierdie redes kan te wyte wees aan die min sonlig waaraan ’n ma moontlik tydens haar swangerskap blootgestel is. Sonlig help die vervaardiging van vitamien D in die liggaam aan en ’n tekort hieraan tydens die eerste paar maande van swangerskap kan ’n blywende invloed op die fetus hê. Russell Foster, ’n neurowetenskaplike aan die Oxford-universiteit, sê:

'Dit klink absurd dat die maand waarin jy gebore is jou hele lewe kan beïnvloed.'

“Dit klink absurd dat die maand waarin jy gebore is jou hele lewe kan beïnvloed, maar ander faktore soos hoe lank jy leef, hoe lank jy is, hoe goed jy doen op die skool, jou liggaamsmassa-indeks as ’n volwassene en jou oggend-teenoor-aand-voorkeur korreleer alles in ’n mate met die tyd van die jaar waarin jy gebore is.”

Dalk is die gedagte nie so verregaande nie.

Volgens astroloë is die mense wat onder die Skerpioen-sterreteken gebore is, dit wil sê tussen 24 Oktober en 21 November, wraaksugtig, koud, agterbaks, aggressief en geneig tot gewelddadige gedrag.

Heelparty moordenaars het dié eienskappe getoon. Watter bekende moordenaars is wel in November gebore?

  • Charles Manson. Gebore op 12 November 1934. Amerikaanse reeksmoordenaar wat nege mense vermoor het, onder andere die hoogswanger aktrise Sharon Tate.
  • Ted Bundy. Gebore op 24 November 1946. Amerikaanse reeksmoordenaar, ontvoerder en verkragter. Meer as 36 jong meisies en vroue is tussen 1974 en 1978 deur hom aangeval.

*Skisofrenie word dikwels gekenmerk deur abnormale sosiale gedrag en die onvermoë om te besef wat die werklikheid is. Algemene simptome sluit in valse oortuigings, hallusinasies, verwarde of onduidelike denke, onaktiwiteit en ’n verminderde vermoë van die mens om sosiaal te verkeer en homself uit te druk.

Bronne: Bulawayo24.com; Bubblews.com; Dailymail.co.uk; Psych2go.net; Wikipedia.org